Tuesday 8 April 2014

Brocolli-en-cheddar Sop




Brocolli-en-cheddar Sop
Bestanddele
◦1¾ koppie hoenderaftreksel
◦1 medium aartappel, geskil en gekap
◦¼ t sout
◦450 g vars of bevrore broccoli wat ontdooi het
◦1 koppie melk
◦2 koppies gerasperde Cheddar
Aanwysings
1.Bring 1¾ koppie hoenderaftreksel, 1 medium aartappel, geskil en gekap, en ¼ t sout in ’n groot kastrol tot kookpunt.
2.Kap 450 g vars of bevrore broccoli wat ontdooi het, in stukkies en voeg die helfte by in die kastrol. Verlaag die hitte na medium; kook vir 10 minute of tot die aartappel sag is.
3.Pols dit in ’n voedselverwerker tot glad. Gooi dit terug in die kastrol; voeg die oorblywende broccoli, 1 koppie melk en 2 koppies gerasperde Cheddar by. Kook op medium vir 5 minute of tot die kaas smelt, roer.