Monday 3 March 2014

“Rocky Road”


Zelda Geldenhuys Griessel

“Rocky Road”

die is ons dubbele lekkerte bederf, vinnig om te maak, reg vir enige geleentheid.....

2 kop Rice Crispies
halwe kop sout grondboontjies
halwe kop rooi kersies – halveer
2 kop vol malvalekkers in stukke gesny
1 blok gesmelte donker bitter sjokolade

2 blokke sjokolade met neute – gesmelt

In ‘n lekker groot mengbak , gooi rice crispies, grondboontjies ,kersies ,malvalekkers en meng deurmekaar
gooi smelt sjokolade oor, meng liggies deur.en smeer dit egalig oor bodem van plat glasbak., giet eweredig die gesmelte sjokolade met neute bo-oor., sit in yskas en laat afkoel en sny in blokke