Tuesday 4 March 2014

Reuse hoenderburgers



Reuse hoenderburgers

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute
Staantyd: 30 minute

HOENDERFRIKKADELLE
500 g hoendermaalvleis
6 grasuie, gekap
80 ml (1∕3 k) gekapte koljanderblare
5 ml (1 t) rooipeper of paprika
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
45 ml (3 e) vars broodkrummels
2 eierwitte, effe geklits
15 ml (1 e) suurlemoensap
sout en peper na smaak
SOUS
250 ml (1 k) natuurlike jogurt
30 ml (2 e) laevet-mayonnaise
5 ml (1 t) soet brandrissiesous of
Dijonmosterd
OM VOOR TE SIT
4 lae-GI-saadbroodrolletjies, in die
helfte deurgesny en snykante effens
gerooster
4 groot blare Iceberg-slaai
skywe rooi-ui, tamatie en agurkies
  1. FRIKKADELLE Meng al die bestanddele goed saam en geur met sout en peper.
  2. Verdeel die frikkadelmengsel in 4 en vorm vleiskoekies van 1 cm dik. Verkoel minstens 30 minute.
  3. Verhit ’n gewone of riffelpan. Spuit met kossproei. Braai die vleiskoekies sowat 5 minute oor matige hitte of tot goudbruin alkant. Bedek en stoombraai nog 5-7 minute tot gaar en sappig.
  4. SOUS Klits al die bestanddele vir die sous saam en geur met sout en peper na smaak.
  5. OM VOOR TE SIT Plaas ’n groot slaaiblaar op elke broodjie, stapel ruimskoots uie, tamatie en agurkieskywe op en plaas die vleiskoekie bo-op. Giet die sous oor en plaas die ander broodrolletjie bo-op.
  6. Steek vas met ’n houtsosatiepen om in posisie te hou.