Monday, 17 March 2014

QUICHE LORRAINE




Die gewilde QUICHE LORRAINE
Bestanddele:
1 rol bevrore pastei deeg
250 g spek...
1 koppie melk
½ koppie volroom room
3 eiers

½ t sout
½ t swart peper
1/8 t neutmuskaat (Opsioneel)
1 koppie gerasperde cheddar kaas
¾ koppie fyngekapte ui
bietjie olie om ui in te soteer
METODE
1. VOORVERHIT OOND TOT 180ºC
2. SMEER OF SPUIT TERTBORD
3. ROL DEEG UIT EN VOER DIE TERTBORD U IT MET DIE DEEG
4. BAK DIE TERTKORS SONDER ENIGE VULSEL VIR 20 MINUTE, MET NET DROË BOONTJIES IN (BLIND BAKE), VERWYDER DIE BOONTJIES, STEEK KLEIN GATJIES MET ‘N VURK IN DIE BASIS EN BAK ‘N VERDERE 10 MINUTE
5. WANNEER GAAR, HOU EENKANT
6. VERHIT OLIE IN PAN EN BRAAI SPEK TOT BROS, SKEP UIT OP HANDDOEKPAPIER EN DRUK OORTOLLIGE OLIE UIT
7. LAAT AFKOEL EN SNY IN KLEIN BLOKKIES
8. GEBRUIK DIE BACON OLIE OM UI IN TE SOTEER, NET TOT GLASERIG, NIE BRUIN NIE
9. VERSPREI DIE GESOTEERDE UI EGALIG ONDER IN DIE TERTBORD
10. KLITS DIE EIERS IN ‘N GROOT MENGBAK
11. VOEG NEUTMUSKAAT, SOUT EN PEPER BY, KLITS DEUR
12. VOEG MELK EN ROOM BY, KLITS TOT EFFENS SKUIMERIG
13. PLAAS DIE SPEK BO-OP DIE GESOTEERDE UIE, GEVOLG DEUR DIE GERASPERDE KAAS
14. GIET DIE EIERMENGSEL IN DIE TERTBORD
15. ROER DIE MENGSEL LIGGIES DEUR MET ‘N VURK OM ALLES EGALIG TE VERSPREI.
16. PLAAS IN DIE MIDDEL VAN DIE OOND EN BAK VIR 30 – 40 MINUTE
17. TOETS DIE STEWIGHEID NA 30 MINUTE, DIT MOET NOG BIETJIE BEWE, MAAR NIE SLAPPERIG NIE.
18. HAAL UIT EN LAAT AFKOEL OP ‘N AFKOELRAKKIE
19. BEDIEN TEEN KAMERTEMPERATUUR OF KOUD, OF HERVERHIT LIGGIES IN ‘N OOND 100ºC VIR 20 MINUTE.
Genoeg vir 6 mense