As jy graag hierdie jaar ook ‘n mooi blomtuin wil he, is dit nou die tyd om saad te begin saai. Daar is honderde soorte blomme wat nou (April) geplant / gesaai kan word en wat beslis ‘n pragtige blomme tuin sal oplewer. Hier is ‘n paar om jou aan die gang te kry:
Namaqua Daisies, delphinium, foxglove, felicias, bokbaaivygies, antirrhinum, lupine, stokrose, petunia, lobelia, nemesia, penstemon, primulas, sweetpeas / pronkertjies, viola, pansy, koringblomme, verbena…..