Friday, 14 March 2014

Muesli Beskuit




Daleen Marius van Schalkwyk

Muesli Beskuit. 
2kg Bruismeel, 5
ml sout,
625ml(200gr) klapper,
625ml (200gr) hawermout,
625ml (100gr) semels,
125ml (75gr) sultanas,
100ml (50gr) sonneblomsaad,
750gr margarine gesmelt,
1 Liter karrigmelk,
375ml (300gr) suiker,
5 eiers geklits. 

 Metode: Smelt margarine, laat effens afkoel. Roer karringmelk, suiker en eiers by. Meng al die droe bestanddele saam. Voeg margarine en karringmelk mengsel by tot deeg. Rol balletjies (ongeveer 25ml deeg) tussen handpalms. Sit styf teenmekaar in gesmeerde beskuitpanne. Bak beskuit 45 minute teen voorverhitte oond van 180 C (350 F) Onthou thermofan draai 10 grade af na 170C of selfs 160C. Keer beskuit uit op draadrak en laat afkoek. Breek uitmekaar. Droog uit teen 90 - 100C oornag (laat die oond deur effe oop) Dit laat die vog verdamp. LEKKER EET MENSIES!!!