Monday 3 March 2014

Boeliebief tert




Boeliebief tert

Kors: Meng die volgende bestanddele en voer ´n bakskottel daarmee uit...
2 k gaar fyn aartappels
1 eiergeel
2 e botter
2 e melk
1 t bakpoeier

Vulsel: Maak witsous van die volgende bestanddele:
2 e meelblom
2 e botter
1 k melk
sout en peper

Voeg die volgende by
1 blikkie fyngemaakte boeliebief
½ k gerasperde kaas
1 fyngemaakte hardgekookte eier

Meng alles goed en sit in aartappelkors. Gooi bo-oor 1 geklitste eier gemeng met ´n ½ k melk. Bak by 200 G tot dit ligbruin is.