Wednesday 5 March 2014

BOELIEBIEF IDEES




Lourens de Lange
PANGEBRAAIDE BOELIEBIEF

300g (1 blik) soutvleis
450g gaar aartappels, in blokkies
250ml fyn gekapte uie
125ml vleisaftreksel
2.5ml Tabascosous
12.5ml blatjang
25ml margarien
12.5ml gekapte, pietersielie
Meng die vleis, aartappel, uie, aftreksel, Tabascosous en blatjang.
Verhit die margarien in ‘n groot braaipan.
Skep die mengsel in die pan en sprei egalig in die pan.
Verlaag die hitte en braai stadig bruin aan die onderkant.
Moenie roer nie. Vou soos ‘n omelet en strooi die pietersielie oor.
Bedien dadelik.
Lewer 4 porsies.

Boeliebief met kaassous

2 blikkies Boeliebief
4 groot aartappels, sag gekook
1 ui
2 tamaties
1 pakkie sampioene
1 pakkie spek
500 g kaassous
1 koppie gerasperde kaas
Braai ui, tamaties, spek en sampioene saam,.
Voeg Boeliebief by.
Maak aartappels fyn, sit boeliebief bo-op en bedek met kaasous en gerasperde kaas.
Bak oop in oond teen 180 grade vir 'n halfuur.

Boeliebief-konkoksie

125 g spekvleis in stukkies gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 ertappels, geskil en in blokkies gesny
2 groot ryp tamaties, ontvel en fyngekap
250 ml hoenderaftreksel of een hoenderblokkie, of hoendersop
1 blik bief in blokkies gesny
2 ml gemengde kruie
sout en peper
4 snye roosterbrood met botter gesmeer en in vingers gesny.
Braai die spekvleis tot gaar, maar nie bros nie.
Voeg knoffel en ertappels by en roerbraai ongeveer 1 minuut lank.
Voeg die tamaties en aftreksel by.
Verlaag die hitte en prut tot ertappels gaar is,
Voeg die res van die bestanddele by behalwe die roosterbrood.
Prut saam vir 5 minute.
Dien op met die gesmeerde roosterbrood.
Genoeg vir 4 mense

Kool en Boeliebief

2 uie in ringe gesny
3 knoffelhuisies, fyngedruk.
Olie
700g kool in dun repies gesny
5 aartappels
5 ml karwysaad
1 blik boelie
1 k vleisaftreksel of oxo
sout en peper
knypie neutmuskaat
Soteer die uie & knoffel in bietjie olie tot sag.
Voeg kool & karwysaad by en roerbraai tot glansend.
Skep uit en hou eenkant.
Braai biefblokkies bruin in dieselfde pan & skep uit.
Voeg meer olie by indien nodig, en braai aartappelblokkies effens.
Voeg aftreksel by, bedek en prut tot sag.
Voeg kool en bief by en meng deeglik.
Geur na smaak en dien warm op.
Genoeg vir 6 mense

MACARONI EN KAAS EN BOELIEBIEF GEBAK:

500 g macaroni (1 pak)
2 groot uie, geskil en gekap
3 eetlepels hoogvol koekmeel
2 koppies melk
2 groot tamaties, geskil/en gekap
300-g-blik soutbeesvleis, losgebreek
2 eetlepels vars pietersielie, gekap
4 eetlepels sterk blatjang
2 teelepels gemengde, groen, droë kruie
sout en peper na smaak
1 koppie gerasperde cheddarkaas

Kook macaroni soos op pak aangedui, dreineer.
Braai die uie in die botter tot gaar.
Voeg die meel by en roer, voeg die melk by en roer totdat die mengsel dik word en kook.
Voeg al die oorblywende bestanddele by, behalwe die kaas.
Bring tot kookpunt, laat prut en roer sodat die mengsel nie brand nie.
Meng nou die sous van die macaroni en skep in 'n oondvaste bak wat gesmeer is.
Strooi laaste die kaas oor, en bak by 180C vir 20 minute tot gaar.
Die resep lewer sowat ses tot agt porsies.