Tuesday 11 February 2014

Kookmelk koekies




Kookmelk koekies

6 x 250 ml koekmeelblom
1 ml sout
500 g margarien...
500 ml suiker
125 ml melk
10 ml koeksoda

Meng koekmeelblom en sout.
Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng.
Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt. Roer af en toe en pasop vir oorkook, want die mengsel begin skuim wanneer dit begin kook.
Gooi die warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed. Plaas in ‘n houer met ‘n deksel. Maak toe en verkoel oornag.

Maak koekies en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat.
As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met ‘n vurk platter.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 200ºC vir 10 - 12 minute.
Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal koud te word.

Hierdie deeg kan ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms.