Monday, 17 February 2014

Beetburgers




Beetburgers

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 min
Gaarmaak: 15 min
2 blikke (400 g elk) keker-ertjies
3 knoffelhuisies, gekap
’n hand vol vars pietersielie, gekap
250 ml (1 k) gerasperde rou beet
5 ml (1 t) fyn komyn
5 ml (1 t) fyn koljander
2 ml (½ t) brandrissiepoeier
30 ml (2 e) meel
sout en peper
30 ml (2 e) olie
375 ml (1½ k) gewone jogurt
’n hand vol vars kruisement, fyn gekap
4 pitabrode
blaarslaai en komkommer vir voorsit
  1. Dreineer die kekerertjies en druk droog met kombuispapier. Plaas in ’n voedselverwerker saam met die knoffel, pietersielie, die helfte van die beet, die speserye, meel, sout en peper. Verwerk tot ’n gladde puree. Voeg die oorblywende beet by en vorm in 10 koekies.
  2. Verhit die olie in ’n braaipan, voeg die koekies by en braai 3 minute of tot goudkleurig weerskante.
  3. Meng die jogurt en kruisement in ’n bak en geur met sout en peper.
  4. Rooster die pitabrode 2 minute weerskante of tot opgepof in die middel van ’n braaipan wat liggies gesmeer is.
  5. Sny die pitabrode oop en vul met blaarslaai, komkommer en beetkoekies. Skep die jogurtmengsel oor die koekies.
(Huisgenoot)