Monday 24 February 2014

Basaar Poedings




Skuimjellie vir die hele gesin


1 pakkie jelliepoeier
250 ml kookwater
250 ml ysblokkies
1. Los die jelliepoeier in die kookwater op en laat 15 minute staan om 'n
bietjie af te koel.
2. Plaas die ysblokkies een vir een in die jellie en klits vinnig tot al die
ysblokkies gesmelt is.
3. Daar sal nou 'n skuimlaag op die jellie wees.
4. Plaas onmiddelik in die yskas om te stol.





Basiese pienkskuimpoeding met Ideal-melk

         
genoeg vir 6

Dis belangrik dat die Ideal-melk yskoud moet wees, anders kan jy dit nie klop nie. Sit die blikkie oornag in die yskas.

15 ml (1 e) poeiergelatien
30 ml (2 e) water
22 g (1 pakkie) aarbeijellie
400 ml (1 blik) koue Ideal-melk
410 g (1 blik) koejawels, gedreineer

1 Sprinkel die gelatien oor die water en laat spons vir 5 min.
2 Maak die jellie volgens die aanwysings op die pakkie aan.
3 Smelt die gelatien op die ontvriesstelling in die mikrogolf. Meng deur die jellie.
4 Klop die Ideal-melk styf. Meng die helfte deur die jellie en vou die res in.
5 Verwerk die koejawels in ’n voedselverwerker. Vou deur die poeding.
6 Spoel ’n 2 liter-jellievorm met koue water uit en gooi die mengsel hierin. Laat set vir 2 uur of oornag in die yskas.
7 Keer uit voor opdiening.

VARIASIES:

Groen Skuimpoeding
genoeg vir 6
Vervang die aarbeijellie in die basiese resep deur groen jellie. Vervang die koejawels deur geblikte pere. Meng die fyn gerasperde skil van 1 lemmetjie by.

Geel skuimpoeding
Vervang die aarbeijellie in die basiese resep deur pynappeljellie. Vervang die koejawels deur 2 x 110 g-blikke grenadellapulp. Meng die fyn gerasperde skil van 1 lemoen by.

Lemoenskuimpoeding
genoeg vir 6

4 eiers, geskei
90 ml (¼ k + 2 t) suiker
180 ml (¾ k) lemoensap
fyn gerasperde skil van ½ lemoen
fyn gerasperde sap en skil van ½ suurlemoen
knypie sout
30 ml (2 e) kookwater

1 Klop die eiergele tot baie dik en skuimerig. Klop die helfte van die suiker daarby. Roer die lemoensap en -skil en suurlemoensap en -skil by.
2 Gooi die sout en kookwater versigtig by.
3 Sit oor kokende water en roer met ’n houtlepel tot die mengsel dik is. Verkoel.
4 Klop die eierwitte styf, voeg die ander helfte van die suiker by en klop tot glansend. Vou die eierwitte by die lemoenmengsel in.
5 Spoel ’n ronde jellievorm met ’n inhoudsmaat van 1 liter met koue water uit. Gooi die mengsel hierin en laat stol vir 3 uur of oornag.




Suurlemoen Sneeupoeding



Bestanddele
Gerasperde skil van 'n ½ suurlemoen
2 Eierwitte
250 ml Suiker
1 e Gelatien
65 ml Kouewater
250 ml Warm water
65 ml Suurlemoensap

Metode
Week die gelatien in die kouewater. Los dit nou op in warm water. Roer die suiker, suurlemoensap, suurlemoen skil in die gelatien. Gooi die mengsel deur 'n fyn sif. Plaas die mengsel in die yskas totdat dit begin set. Klits nou die mengsel met eierklitser tot wit en skuimerig. Klits die eierwitte nou styf met skoon eier klitser.
Vou die eierwitte in die gelatien mengsel. Gooi die mengsel nou in 'n bak wat in die water gedompel was. Laat stol in yskas


Marietjie Marè

4 Blikkies idealmelk (oornag in yskas)
1 bottel aanmaak Passion-fruit koeldrank (750ml)
4 pakkies suurlemoen jellie (aangemaak en laat afkoel net voor stol stadium)

Klits melk tot dik skuim, meng jellie in en gooi koeldrankstroop by
Hou aan met klits tot goed gemeng is en verkoel in yskas


Marietjie Marè

MALVALEKKER POEDING

2 x 150g Malvalekkers

1 Blikkie fyn pynappel crushed pineapple
175 ml grenadella joghurt...
Sny malvalekkers in kwarte. Meng al die bestanddele saam. Laat staan oornag en geniet dit die volgende dag.
Wenk: Jy kan hier paar rooi kersies gehalveer bygooi, self paar skywe perske stukke (gekap)
Ek het al by die resep, 'n blikkie fruit coctail (gedreineer) en dit in gegooi ipv die fyn pynappel - dit werk baie lekker en lyk baie kleurvol.