Monday 3 February 2014

Amerikaanse Wors in Kombers




Amerikaanse Wors in Kombers
(genoeg vir 4)
Gaarmaaktyd: 10 minute
2 liter sonneblomolie vir diepbraai
8 Amerikaanse hotdog-worse
180 ml mieliemeel
2 eiers
25 ml bakpoeier
150 ml melk
60 ml koekmeel en bietjie ekstra om worsies in te rol
30 ml mosterdpoeier
sout en varsgemaalde swartpeper
8 sosatiestokkies
1 x 410 g-bottel gepekelde uitjies
280 g gesnyde soetsuur agurkies
Amerikaanse mosterd
 
Verhit die sonneblomolie in ’n diep kastrol waarin die worsies in die lengte sal pas. Vir die beslag, meng die mieliemeel, eiers, bakpoeier, melk, koekmeel en mosterdpoeier goed saam. Geur met sout en peper. Druk die worsies op die sosatiestokkies, rol in ekstra meel en dan in die beslag. Diepbraai worsies terwyl jy aan die stokkie vashou – dis vinnig. Sit voor met uitjies, agurkies en mosterd. Wenk: As jy bietjie oorboord wil gaan, kan jy die worsie in ’n broodjie met mosterd, uitjies en agurkies voorsit