Monday, 13 January 2014
TAGLIATELLE-CRÊPE
TAGLIATELLE-CRÊPE
JY BENODIG
1 groot ui, gekap
1 eetlepel botter
3 koppies gaar tagliatelle of ander dun pasta
2 eiers
2 eetlepels crème fraîche of natuurlike jogurt
2 eetlepels druiwepitolie
seesout
grofgemaalde swartpeper
METODE
Verhit botter in kastrolletjie en karamaliseer ui oor lae hitte, ongeveer 45 minute. Klits eiers en crème fraîche saam. Meng pasta en ui versigtig by. Geur met sout en peper. Verhit olie in medium pan. Gooi mengsel in en laat prut vir 7 minute. Keer uit op bord en gly terug in pan vir verdere 7 minute. Gly uit op opdienbord, sny in skywe en bedien.
Wenk: Vars kruie, sampioene, gebraaide groente of kaas kan by mengsel gevoeg word.