Wednesday 29 January 2014

Pynappelsmoothie




Pynappelsmoothie - dis 'n tropiese ervaring in 'n glas
Maak: 1 liter
Bereidingstyd: 15 minute
½ pynappel, in blokkies gesny
1 piesang...
1 papaja, geskil en gesny
250 ml appelsap
300 ml jogurt
1 grenadella, gehalveer en die pulp uitgeskraap
Verwerk al die bestanddele behalwe die grenadella saam en gooi dit in lang glase. Skep die grenadellapulp bo-op en sit voor.