Tuesday 28 January 2014




Oondgedroogde tamaties - RSG

Bestanddele

genoeg vars kersie- of ander klein tamaties om twee groot bakplate vol te maak...
klein bietjie growwe sout
125 ml (½ k) olyf- of avokado olie
60 ml (4 e) balsamiese asyn
60 ml (4 e) bruinsuiker of heuning
peper

paar takkies vars kruie, bv tiemie

Metode

1. Verhit oond tot 180 °C. Halveer tamaties in die lengte en pak met die gesnyde kante na bo, in ’n enkellaag op bakpapier, op bakplate uit.
2. Sprinkel met ’n klein bietjie growwe sout en bak teen 180 °C vir so 20 minute om die ergste vog te laat verdamp.
3. Draai dan die oond na 100 °C, soos wanneer jy beskuit uitdroog en laat die oonddeur effens oop. Droog die tamaties tot so droog soos jy verkies. Ek het myne so vir ’n uur of wat uitgedroog, want ek hou daarvan nog effens sag – nie papier-droog nie. Onthou, hoe groter die tamaties, hoe langer sal dit uitdroog.
4. Maak intussen ’n mengsel van die olie, asyn, suiker of heuning en geur met sout en peper.
5. Steriliseer ’n glasbottel of twee, groot genoeg vir die hoeveelheid tamaties en pak hulle daarin. Sit ’n paar vars takkies tiemie of basiliekruidblare tussen-in en skink die marinade oor om die fles te vul. As jy nog marinade nodig het, meng twee derdes olyfolie met ’n derde balsamiese asyn en geur met ’n bietjie heuning, sout en peper.
6. Onthou: Soos jy die tamaties gebruik, moet jy seker maak dat die boonste tamaties altyd toe is met ’n bietjie ekstra olie, so vul dit aan soos nodig.

Wenk
Gebruik ’n gegeurde avokado-olie, soos die knoffel-geur as jy die tamaties ’n spesifieke geur wil gee.



Dotty Maltman jy kan ook bokkaas bolletjies insit dit maak dit nog lekkerder veral saam met n biltong slaai.
Ja wanneer dit afgekoel het sit jy dit in die bottel en skroef toe...gebruik die bokkaas met baie growwe swart peper .ek quarantee jou dit is ongelooflik lekker.