Tuesday 14 January 2014

Mini-kaasbrode




Lourens de Lange
Mini-kaasbrode

1 L (4 k) bruismeel
250 g cheddarkaas, gerasper
250 ml (1 k) bevrore mieliepitte...
500 ml (2 k) maas
1 ui, gekap
125 g spekvleis, gekap
’n hand vol grasuie, gekap
½ hand vol tiemie, gekap

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 12 mini-broodpanne of 1 groot broodpan.
2 Meng die meel, die meeste van die kaas (hou ’n biejie eenkant vir bo-oor strooi), mieliepitte, maas, ui en spekvleis in ’n bak.
3 Skep die deeg in die voorbereide pan(ne) en bedek met die oorblywende kaas.
4 Bak sowat 1 uur of tot goudkleurig en deurgaar. Garneer met die gekapte grasuie en tiemie en sit voor.