Monday, 13 January 2014
MAROKKAANSE GROENTEPASTEI
MAROKKAANSE GROENTEPASTEI
JY BENODIG
2 eetlepels elk koljander en komynsaad
1 teelepel paprika
½ teelepel fyn kaneel
150ml olyfolie
1kg botterskorsies
12 sjalotte (‘shallots’) of jong preie (‘baby leeks’)
5cm vars gemmerwortel
150g heel amandels, afgedop
150g ongesoute pistasieneute (‘pistachios’), afgedop
75g gedroogde bosbessies (‘cranberries’)
100ml bloekom- of lemoenbloeiselheuning
250g jong spinasieblare
1 x 400g (‘n blik) kekerertjies (‘chickpeas’)
2 knoffelhuisies
1 teelepel fyn komynsaad
3 eetlepels suurlemoensap
50ml vars koljanderblare
100g botter
1 pak filodeeg
‘n paar vars suurlemoene
METODE
Verhit olie en braai Franse sjalotte. Voeg gemmer, amandels, bosbessies, pistasieneute en spanasieblare by. Kook tot sag. Sny botterskorsie in groot blokke en bedek met olie, komyn, koljander, kaneel en paprika. Plaas mengsel in oondpan en bak tot sag in ‘n voorverhitte oond van 200ºC. Sny filodeeg in lang repe en bedek bodem van oondpan in ‘n blompatroon. Skep helfde van die vulsel in en bedek met humus. Skep die res van die vulsel in en bedek met filodeeg. Bak in oond tot goudbruin. Meng heuning en gesmelte botter saam en strooi bo-oor. Bedek met pistasieneute en paprika