Tuesday 21 January 2014

Kaastert




Lourens de Lange
Kaastert

Kors
375 ml (1½ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier...
180 ml (¾ k) melk
knippie sout
80 ml (¹⁄³ k) olie
1 eier, geklits


Vulsel
60 g botter
60 ml (¼ k) meel
1 liter (4 k) melk
60 g uie, gekap
7 eiers, geklits
knippie sout
600 g cheddarkaas, gerasper
knippie gemaalde neutmuskaat
Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n diep tertbord van 30 cm.

1. Kors Meng al die bestanddele goed. Voer die gesmeerde tertbord daarmee uit.
2. Vulsel Smelt die botter in ’n kastrolletjie en roer diemeel by. Voeg die melk by terwyl jy oor ’n lae hitte aanhou roer tot die mengsel verdik het. Verwyder van die hitte en voeg die uie, eiers, sout, kaas en neutmuskaat by.
3. Skep die mengsel op die deegbasis en bak 35-40 minute tot dit gestol het.
4. Sit warm of koud voor