Metode LAAG 1: Lensies en eiervrug Verhit pot op medium hitte. Voeg die eiervrug, gekapte ui, tamatiepuree, sojasous, witpeper, lourierblare en knoffel in pot. Bring tot kookpunt and laat dit vir 5 min prut. Voeg die gekookte lensies by en prut vir 10 min tot 'n dik souserige mengsel.
LAAG 2: Groenboontjies Voeg die Jalapeñosous by die gekookte boontjies en druk dit 'n bietjie fyn met 'n vurk sodat jy nog stukke boontjies in die mengsel sien.
LAAG 3: Kapokaartappel Druk die aartappels fyn (nie te fyn nie) en voeg joghurt by. Voeg fetakaas, gerasperde ui en sout by.
Verhit oond tot 180'C. Skep die lae in bogenoemde volgorde in 'n oondbak. Strooi 'n bietjie fetakaas, olyfolie en 'n tikkie rooipepern bo-oor. Bak vir 25 – 30 min tot 'n goudbruin boonste laag. |