Tuesday, 14 January 2014

appeltert resep x 2



appeltert resep


Carin Pelser

2eetl botter, 3/4 k suiker, 250ml koekmee,l 5ml bakpoeier, 2 1/2ml sout , 62 1/2ml melk, 2 eiers; blik tertappels. Klits botter suiker en eiers. Voeg ander bestandele by. Gooi in bak en pak appel bo-op. Bak vi 45 min by 180 grade. Sous kook saam 250 ml room, 250 ml suiker en bietjie sout. Gooi kokende sous oor warm tert.

Anika Botha Hoffmann 

2 k koekmeel 1½ k suiker 2t bakpoeier ½ t sout 250g botter 1 blik onversoete appels, gekap (410g) 75g rosyne ½ t fyn kaneel ¼ t fyn naeltjies. knypie sout 2t vlapoeier, gemeng met ‘n bietjie water en geklopte room vir bediening Sif die meel, 1 k suiker, bakpoeier en sout saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in om ‘n sagte deeg te vorm. Bedek en laat 1 uur rus. Druk die helfte in ‘n tertpan. Verhit die appels, oorblywende suiker, rosyne, kaneel, naeltjies en sout liggies saam. Voeg die vlapoeier by en kook totdat effens verdik. Koel af, skep op die deeg en rasper die oorblywende deeg bo-oor. Bak 20 minute by 180ºC of tot goudbruin. Bedien met geklopte room.