Monday 16 December 2013

Tannie Poppie se pampoentert

Charlise Mathewson Louw

 Tannie Poppie se pampoentert

’n Baie lekker bygereg – nie baie swaar nie. ...
genoeg vir 6 – 8
1 koppie (250 ml/200 g) suiker
5 teelepels (25 ml) koekmeel
1 teelepel (5 ml) sout
2 ml fyn kaneel
3½ eetlepels (55 ml/60 g)
ongesoute botter, gesmelt
3 koppies (750 ml) fyngemaakte gaar pampoen
1 koppie (250 ml) room
3 eiers

Verhit oond tot 150 °C. Sif droë bestanddele saam in ’n mengbak. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep in gesmeerde tertbak van so 30 x 25 cm en sit saam met hoender in oond. Die tert bak so 1½ uur.