Tuesday, 10 December 2013
Rooi en Groen Kersfees Sponskoek
'n Rooi en Groenkoek vir jou Kersfees teetafel:
Ek het die foto gesien en vir 'n resep gaan soek. Die resepte wat ek kon kry is die beslag van 'n boksiekoek gemaak of 'n red valvet koekbeslag is gebruik vir die groen en rooi.
Ek dink net baie makliker sal wees om 'n gewone witkoek se resep te gebruik en dit net groen en rooi te kleur.
WARMMELK-SPONSKOEK
(Resep Snowflake)
4 groot eiers;
250g (300ml) strooisuiker;
280g (500ml) koekmeelblom;
15ml bakpoeier;
250ml melk;
100g (110ml) botter of margarien;
5ml vanieljegeursel.
Klop eiers en suiker saam tot dik en liggeel.
Sif koekmeelblom en bakpoeier saam en vou in eier-en-suikermengsel
in.
Verhit melk en botter saam. Moenie kook nie.
Roer melkmengsel en vanielje by beslag in.
Skep in twee gesmeerde 20cm-koekpanne.
Bak 25 30 min. lank in voorverhitte oond by 180C (350F) of totdat
toetspen skoon uitkom.