Wednesday 11 December 2013

KERRIE-UIE




Lourens de Lange
KERRIE-UIE

1t olie
3 groot uie (geskil en in ewegroot ringe gesny)
1t borrie...
1t kerriepoeier
1t bruinasyn/verkieslik Balsamiese asyn
sout
2-4eetl appelkooskonfyt
enige speserye na jou smaak

(Die geheim is dat die uie werklik net plus/minus 2min.lank moet braai -
uie moet krakerig bly. m.a.w. moenie dit pap gaar braai nie)

Braai uieringe in olie en borrie. Voeg by kerriepoeier, sout en
speserye. Braai vir maksimum 2min. Roer die konfyt by en
verwyder van stoof voordat uie te sag kook.
Bêre in yskas en nuttig saam met enige gereg – van ontbyt
tot aandete en braaivleis.