Wednesday 11 December 2013

Kapokaartappel Pasteie




Lourens de Lange
Nog nie gemaak nie, maar al klaar in my moet doen boekie
'n Maklike anderste manier om jou kapokaartappels (mash) te bedien:

Maak jou kapokaartappels soos normaalweg Kook aartappels tot sag, maak fyn en voeg by melk, botter sout en peper. (ek gooi altyd so titseltjie bakpoeier ook by, dit maak jou kapokaartappels lekker lig en fluffy. Jou beslag moet lekker dik beslag wees, nie loperige aartappels nie. Wees dan kreatief, voeg kaas, pietersielie, gekapte spruit uie, knoffel, stukkies gbraaide spek, gerasperde ham, selfs opgekookte veggie mix by, druk in gespuite muffinpannetjies, smeer bietjie gesmelte botter of olyfolie oor en bak tot goubruin in oond by 180 C
Geleen by "Kreatiewe Kos Idees"