Monday 9 December 2013

hollandse oliebollen




Hilsje van der Vinne

hollandse oliebollen

550ml warm melk, 1/4 k margarine opgelos in die melk, 5ml sout, 1/4 k strooisuiker, 10ml gis opgelos in 1/4k louwater, 4k koekmeelblom, 1 eier, 1k rosyntjies. voeg sout en suiker by melk en margarine mengsel. Voeg opgeloste gis by. Klop 2 k van die meel by. Laat staan vir 30 min op warm plek tot dit mooi gerys het. Klits eiers goed en voeg by deeg. voeg res van die meelblom stadig by en knie tot `n elastiese deeg. ( te slap deeg veroorsaak vetterige oliebolle, droe deeg veroorsaak harde oliebolle ) Voeg die rosyntjies by, knie weer. Laat deeg 1-2 ure op warm plek rys tot verdubbel. Verhit olie tot ongeveer 180. Doop `n eetlepel `n oomblik in die warm olie en skep `n lepelvol deeg en laat dit in die olie gly. Bak ongeveer 5 oliebolle op `n slag. Lekker bak!!!

Dianne Ten Haaf : my skoonpa is Nederlands en hy het die oorspronklike resep vir my ook gegee wat ook cherries in het, maar ek hou nie van cherries nie. Maar ja smaak verskil!