Hoender-spek-en-spinasietortillas
Genoeg vir: 8
Bereidingstyd: 20 minute, marinering uitgesluit
Oondtemperatuur: 200 °C
Gaarmaaktyd: 20 minute
Genoeg vir: 8
Bereidingstyd: 20 minute, marinering uitgesluit
Oondtemperatuur: 200 °C
Gaarmaaktyd: 20 minute
2 knoffelhuisies, gekneus
15 ml vars roosmaryn, fyngekap
15 ml suurlemoenskil, fyngerasper
30 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
400 g hoenderborsfilette
8 repe swoerdlose spek
8 tortillas
125 ml mayonnaise
vars babaspinasieblare
15 ml vars roosmaryn, fyngekap
15 ml suurlemoenskil, fyngerasper
30 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
400 g hoenderborsfilette
8 repe swoerdlose spek
8 tortillas
125 ml mayonnaise
vars babaspinasieblare
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Meng die knoffel, roosmaryn, suurlemoenskil, olie, sout en swartpeper in ‘n mengbak. Plaas die hoender in ‘n oondvaste bak en giet die knoffel-en-kruie-olie daaroor. Vryf dit in die hoender. Bedek en laat staan vir sowat 1 uur.
2 Oondrooster die hoender vir sowat 20 minute of tot deurgaar. Sny in dun skyfies en hou eenkant.
3 Verhit ‘n braaipan en braai die spek tot bros en goudbruin. Smeer mayonnaise op die tortillas en plaas die hoender, spek en spinasieblare bo-op. Rol versigtig op en draai toe in bakpapier. Verstewig met ‘n stukkie tou om te verhoed dat dit ooprol.