Tuesday, 17 December 2013

Frittata met hoender, feta en geroosterde botterskorsie




Frittata met hoender, feta en geroosterde botterskorsie
Genoeg vir: 12
Bereidingstyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 15-20 minute vir frittata

500 g botterskorsie, geskil, in klein blokkies gesny
30 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
6 eiers
250 ml room
80 ml parmesaankaas, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
400 g gaar hoenderborsfilette (of gebruik enige oorskiethoender), gevlok
200 g fetakaas, gekrummel
1 Voorverhit die oond. Plaas die botterskorsie, olyfolie en sout en swartpeper in ‘n mengbak en meng deur tot oraloor bedek. Sprei die botterskorsie uit op ‘n bakplaat en oondrooster vir sowat 15 minute of tot goudbruin en gaar.
2 Klits die eiers, room, parmesaankaas en sout en swartpeper na smaak saam.
3 Smeer ‘n muffinpan en plaas die botterskorsieblokkies, hoender en fetakaas in die holtes van die muffinpan. Giet die eiermengsel oor en bak vir sowat 15-20 minute of tot goudbruin en gestol.