Wednesday 27 November 2013

Tuisgebakte tertjie




Tuisgebakte tertjie met groenslaai

Bestanddele vir die kors:

120g meel
60g koue botter in blokkies gesny
‘n Knippie sout
3-4 eetlepels koue water

Bestanddele vir die vulsel:
1 vryeloop hoendereier
100ml vars room
‘n Halwe ui fyngesny
‘n Halwe eetlepels vars tiemieblare
25g gerasperde mozzarella
25g skaafsels parmesan kaas
1 koppie knopie sampioene in kwarte gesny
‘n Knippie sout en peper

Metode vir die kors:
-Voorverhit die oond tot en met 180˚C.
-Plaas die meel , sout en botter in ‘n mengbak.
-Gebruik jou vingers, en krummel die botter en die meel saam tot ‘n eenheid.
-Voeg ‘n klein bietjie water by om die proses makliker te maak.
-Draai kleefplastiek om die mengbak om dit te seel en plaas in die yskas vir 20 minute
-Spuit die tertpan met “spray and cook”.
-Rol die deeg uit met ‘n koekroller en plaas dit dan versigtig oor die tertpan
-Gebruik jou vingers en druk die deeg geleidelik teenaan die bodem en kante van die tertpan vas.
-Steek ‘n paar gaatjies met ‘n vurk in die bodem van die tertpan en verkoel in die yskas vir 10 minute.
-Plaas botterpapier bo-op die deeg in die tertpan en hou dit stewig vas deur dit met droee bone te vul vir bak dit dan in die oond vir 15 minute.
-Haal uit die oond, verwyder die bone en botterpapier
-Verf met ‘n kombuiskwas ‘n mengsel van die eier en-room oor die openinge om die tertbasis se gate te seel wat met die vurk gemaak is.
-Voorverhit die oond tot en met 220˚C

Die vulsel:
-Meng die eier en room en klits goed saam
-Plaas ‘n klont botter in ‘n pan en soteer die uie oor ‘n middelmatige hitte daarin.
-Geur met ‘n knippie sout.
-Soteer die sampioene tot en met alle water weggekook is
-Meng die sampioene en uie en vars tiemieblare saam.
-Gooi die vulsel in die tertkors, sprinkel die mozzarella en parmesan kaas oor.
-Gooi die eiermengsel bo-oor.

-Bak in die voorverhitte oond vir 15 minute lank
-Bedien met ‘n groenslaai van jou keuse.