Monday, 11 November 2013
SUURLEMOENSMEER
Wilna Dorfling
SUURLEMOENSMEER (20)
(350ml)
Mens kan hierdie smeer bottel en bere in die spens en gebruik vir so baie goed soos bv. :
Vul tertdoppies daarmee
Versier ‘n gewone vanilla koek daarmee saam met heerlike styfgeklopte room
Heerlik bo-op ‘n pavlova voordat jy die vars vugte daarop rankskik
Ook heerlik op tuisgebakte skons, saam met room
7ml botter
3 eiers
280ml suiker
Gerasperde skil en sap van 2 suurlemoene
Metode:
Smelt die botter in ‘n metaalbak oor ‘n kastrol waarin water stadig prut. Klits die eiers een vir een en voeg by. Voeg die suiker by en klits totdat dit opgelos is. Hou aan met klits terwyl jy die surlemoensap en –skil byvoeg. Roer aanhoudend vir sowat 20min terwyl die bak oor die pruttende water gehou word. Die suurlemoensmeer sal dik word. Laat afkoel tot kamertemperatur sodra dit gereeld is.
OM DIE SMEER TE BOTTEL: Verdubbel die resep, vul warm voorbereide bottels met die warm smeer, en seel die bottels dadelik. *Tuis* Rina 7/8/2011
Hierdie het ek dubbeld aangemaak