Wednesday, 20 November 2013
Suurlemoen, kruie en pienk peper steak slaai
Suurlemoen, kruie en pienk peper steak slaai
2 kruisstuk / lendestuk steaks – 500 g...
1 knoffelhuisie
3 eetlepels soy sous
Sap van ‘n suurlemoen
Handvol kruisement, basielie en koljander blare
1 Avokado, gesny in blokkies
1 pak kersie tamaties
1 pak gemengde slaaiblare
pienk peperkorrels
1. Plaas steak, soy sous, knoffel en suurlemoensap in ‘n bak en laat dit to om te marineer vir ten minste 10 minute.
2. Verwyder steak van marinade en verf een kant met olyfolie.
3. Verhit ‘n nie-kleef pan op hoog en voeg die steak, olie-kant ondertoe by.
Vir ‘n rou steak, kook 3 minute per kant
Vir ‘n medium steak kook 4 minute per kant
Vir ‘n gaar steak kook 4 minute per kant, draai die hitte af en kook vir ‘n verdere 8 – 10 minute.
4. Verwyder die steak van die pan en laat dit toe om te rus in ‘n bak/bord wat bedek is met foelie vir ten minste 5 minute sodat dit sag word.
5. Plaas die tamaties in die steak pan, plaas op die hitte en meng totdat dit bars en swart word. Indien daar nie meer sap in die pan is nie, voeg meer olie by of gee ‘n spuit suurlemoensap.
6. Rangskik die slaaiblare, kruie en tamaties op borde.
7. Sny die vleis in dun repies en plaas bo-op die blare, voeg avokado bo-op en geur met slaaisous van jou keuse.
Lemoen en heuning sous
Meng 2 eetlepels soy sous, 3 eetlepels vars lemoensap, 1 eetlepel heuning, 1Ž2 teelepel gemmer en 1Ž2 teelepel knoffel.