Monday 4 November 2013

Sjokoladekoek sonder suiwel en eiers

Sjokoladekoek sonder suiwel en eiers

Resep:
750 ml (3 koppies) koekmeel; 20 ml (4 teelepels) bakpoeier; 500 ml (2 koppies) suiker; 5 ml (1 teelepel) koeksoda; 80 ml (derde koppie) kakao; knippie sout; 500 ml (2 koppies) kookwater; 250 ml (1 koppie) olie; 10 ml (2 teelepels) vanielje-geursel; 50 ml (een-vyfde koppie) wit asyn.
Voorverhit die oond tot 180 grade C (350 grade F). Spuit 'n oondpan van 270 mm x 390 mm met kleefwerende middel. Sif ál die droë bestanddele saam. Meng die res van die bestanddele saam in 'n beker en giet egalig oor die droë bestanddele. Meng liggies. (Dit lyk my die koek kan sommer in die pan aangemaak word.) Maak gelyk en skud effens om die meeste van die blasies te verwyder. Bak 20 minute lank of totdat die toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat in die pan afkoel. Versier na smaak.

Versiersel:
125 g margarien; 1 koppie versiersuiker; 1 — 2 eetlepels kakao; 1 teelepel vanieljegeursel; knippie sout.
Klits die margarien en voeg res van bestanddele by. Klits tot romerig.