Thursday 28 November 2013

Outydse Spesery Koekies



Versier jou koekies met die agterkant van 'n glas (wat natuurlike 'n patroon het)

Outydse Spesery Koekies
Bestanddele:
425 g Koekmeel
 3 ml Sout
 3 ml Koeksoda
 5 ml Fyn kaneel
 3 ml Fyn naeltjies
 200 g Karamel bruinsuiker
 125 g Botter
 1 Eier (geklits)
 90 ml Sjerrie of port
 5 ml Lemoenskil, gerasper
 Amandelsplinters vir versiering
Metode:
 Sif meel, sout, koeksoda, kaneel, naeltjies en suiker saam.
Vryf botter in.
Voeg eier, sjerrie en skil by.
Bedek deeg en laat ongeveer 1 uur lank staan.
Rol deeg uit tot 3mm-dikte.
Druk ronde koekies uit, druk ‘n stukkie amandel in die middel van elke koekie vas.
Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak ongeveer 15 minute lank in voorverhitte oond by 200°C.