Wednesday 6 November 2013

HOENDERSLAAI




Lourens de Lange
HOENDERSLAAI
Slaai Resepte

6 Rooi Appels (geskil)
2 E Suurlemoensap ...
4 Seldery stingels
198 g Koue Hoender
28 g Okkerneute (gehalveer)
140 ml Mayonaise
1 Kop vars Blaarslaai
227 g Blikkie groen ertjies
Sout en peper na smaak

METODE:

Ontpit en skil die appels. Hou 6-8 skyfies eenkant in suurlemoensap vir versiering. Kap die ander fyn. Kap die hoender en seldery en meng al die bestanddele. Voer die slaaaibak uit met die binneste blare van die slaaikop. Sit hoendermengsel in en versier met appelskywe en ingelegde ertjies.