Monday, 11 November 2013
HEUNING-&-MAKADAMIA-KAASKOEK
HEUNING-&-MAKADAMIA-KAASKOEK
KORS
Room 20ml strooisuiker en 125gr botter en 30ml olie.
Voeg 1 eier by.
Meng goed.
Sif 500ml meel en 10ml bakpoeier en voeg by eiermengsel.
Meng tot stywe deeg en druk vas in gesmeerde losboompan.
Bak vir 5min. net 5 min
Laat afkoel en sprinkel 200ml gekapte macadamia neute oor en drup dan
30ml heuning oor.
Maak nou die vulsel.
Klits 375ml strooisuiker, 3 heel eiers en 3 eiergele saam tot dik en romerig.
Voeg by 750gr roomkaas en 100ml mielieblom en 45ml suurlemoensap en meng goed.
Voeg 375ml room by en klits liggies.
Giet mengsel versigtig op kors dat neute nie oplig.
Bak 1uur (kyk maar ek het 45 min gabak, my oond het n fan)
Skakel oond af.
Maak oonddeur oop en laat kaaskoek afkoel in oond.
Bedek en laat oornag in yskas (bedek).
Versiering:
Net voor opdiening, gooi 100ml macadamia neute oor koek.
Verhit 30ml heuning en gooi oor koek en neuter.