Wednesday, 30 October 2013

Piesangs





·         Moet nooit te veel piesangs koop as jy weet jy gaan dit nie kan opeet nie of as jou familie nie te veel daarvan hou nie.

·         As jy piesangs koop kyk vir mooi egalige geel piesangs wat geen swart vlekke op het nie.

·         Groen piesangs wat jy gouer wil ryp hê kan jy in ‘n bruin papiersak plaas met ‘n appel in – dit sal dit baie vinnig laat ryp word.

·         As die piesangs bruin word voor jy dit ge-eet het kan jy hulle gebruik deur of piesang muffins of piesangbrood te maak.

·         Piesangs wat saam met kerrie bedien word, behou hul kleur as hulle óf met suurlemoensap besprinkel word, kookwater oor die ongeskilde piesangs gegiet word. Laat staan vir 2 minute, en skil af.