Wednesday 18 September 2013

Worsie en Kaas Broodrolletjie




Worsie en Kaas Broodrolletjie
8 Snye witbrood;
8 skyfies worsies van jou keuse;
8 skyfies  cheddarkaas;
4 eiers geklits;
Speserye van jou keuse; 
botter of margarien.
Die worsies en kaas moet verkieslik in 1cm  x 1cm “sticks” gesny word.
Sny die korsie af en rol elke sny brood dun uit met ‘n koekroller. Plaas dan ‘n wors- en kaasskyfie op elke sny brood en  rol dit op in stywe rolletjies. Steek vas met tandestokkies indien  nodig. Meng die eiers met die speserye en plaas in ‘n  vlak bak. Rol die broodrolletjies in die eiermengsel en braai hulle  in die botter totdat die eier goudbruin is. Halfeer en bedien.