Thursday 5 September 2013

Heerlike wortelkoek met Amarula-likeur




Marinda Knuffel

Om die koek te maak het jy nodig: 

2 koppies gesifte koekmeel, 2 teelepels bakpoeier, 1 teelepel koeksoda, 1 eetlepel gemengde speserye (kaneel, 'n tikkie fyn naeltjies), 1 teelepel sout, 4 groot eiers wat tot kamertemperatuur afgekoel het, 1 kookolie, 1 koppie strooisuiker, 2 koppies gerasperde wortel, 1 koppie gerasperde pynappel of Granny Smith-appel, sap goed uitgedruk, 1 koppie gekapte pekanneute, koppie Amarula Cream en koppie fyn appelkooskonfyt.

Terwyl jou oond voorverhit tot 180 C, sif jy die droë bestanddele. Klits die eiers tot dik en gooi die strooisuiker stadig by terwyl jy klits. Dit moet 'n lekker dik mengsel wees.
Gooi die olie stadig by en klits vir nog so 2 minute.
Nou voeg jy die wortels, pynappel of appel, neute, Amarula en appelkooskonfyt met die hand by. Voeg dan die droë bestanddele by en meng goed deur met 'n lepel.
Gooi in die pan en bak vir so 'n uur en 'n kwart.
Laat staan die pan nog so 'n kwartier buite voordat jy die koek uitkeer.
As die koek mooi koel is, maak jy 'n versiersuiker van koppie botter, 2 koppies gesifte versiersuiker, 1 eetlepel Amarula Cream, 125 g maaskaas of gladde lae vet maaskaas.
Meng alles saam en smeer oor die afgekoelde koek.

Versier met pekanneute en versuikerde pynappelsnye en 'n mooi rooi kersie of wat.