Monday, 30 September 2013
Christelle Otto se wen-frikkadelle
Christelle Otto se wen-frikkadelle
(genoeg vir 8 mense)
◾3 snye dik witbrood (korsies afgesny)
◾125 ml karringmelk
◾1 eier
◾1 kg maer beesmaalvleis
◾60 ml asyn
◾15 ml worcestersous
◾125 ml vars pietersielie, gekap
◾1 ui, gerasper
◾15 ml sout
◾15 ml fyn koljander
◾2,5 ml matige kerriepoeier
◾paar draaie varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 °C. Week brood in karringmelk en maak goed fyn. Voeg die res van die bestanddele
by en meng goed deur met ’n vurk. Maak 16 tot 20 frikkadelle. Pak in ’n gesmeerde oondbak (nie te styf teen mekaar nie) en bak vir 45 minute tot lekker bruin. Of maak ’n bietjie sonneblomolie in ’n braaipan
warm en braai die frikkadelle in twee sarsies stadig daarin tot gaar.