Thursday 5 September 2013

Broslekkers met neute




Broslekkers met neute

Jy het seker al ’n peanut brittle in die winkel gesien. Hierdie is presies dieselfde ding, net met meer neute en geen preserveermiddels nie.

Jy benodig...

500g suiker
250g ongesoute neute soos amandels en kasjoeneute
Só maak jy

1 Kies jou gereedskap reg. Verhit die suiker in ’n kleefvrye pan.
2 ’n Warm kalant. Kook die suiker oor ’n lae hitte en roer dit aanhoudend totdat dit heeltemal opgelos het en karamel word. Wees versigtig, want die suiker raak ongelooflik warm!
3 Wag… wag… nou! Sodra die karamel die kleur van sterk tee het, kan jy die neute ingooi en dit roer totdat al die neute heeltemal met karamel bedek is.
4 ’n Taai affêre. Bedek ’n oondpannetjie met ’n laag foelie, spuit dit met Spray & Cook en krap die karamelmengsel daarop uit.
5 Suikersplinters. Laat die mengsel afkoel en breek dit dan in stukke – pasop dat die skerp rande nie jou vingers sny nie.

 Hou dié blik voor in die kar terwyl julle sleep en eet elke nou en dan ’n stukkie om jou bloedsuiker op te jaag as die teerstrook té eentonig raak.