Thursday, 12 September 2013

Ansie se Vrugtekoek




Ansie VanWyk

VRUGTE KOEK

Beslag

2 kop Pitlose Rosyne ¾ kop Brandewyn

2 kop Korente 1 pkt Gemengde Skil (200g)
2 kop Sultanas 4 kop Meel
2 kop Dadels 10 ml Koeksoda
2 kop Suiker 1 tl Gemengde Speserye
¾ lb Botter 1 tl Kaneel

5 Eiers ½ tl Neutmuskaat
½ tl Sout 2 tl BP
1 tl Gemmer

Ekstra: 1 pkt Okkerneute & 2 Glasies Kersies
(Die 2 kop vrugte is die klein pakkies-is nou nie seker of dit 100g/200g is nie)
1. Kook vrugte, botter & suiker in 2 kop water vir 20 min.
2. Verwyder van stoof en roer koeksoda by en laat afkoel
3. Voeg gemengde skil, neut & kersies by.
4. Voeg eiers 1 vir 1 by en meng goed.
5. Voeg speserye, BP & sout by meel & meng goed.
6. Vou dan by vrugtemengsel.
7. Gooi in 2 panne en bak vir ±2 ure (ek bak so 1uur 40min) by 160 C
8. Haal uit, los in panne en gooi brandewyn oor.

PS Partykeer bak ek dit in 3 broodpannetjies. Reseppie altyd 'n wenner