Wednesday 7 August 2013

Visslaai x 2




BROS VISSLAAI

¼ Engelse komkommer, gekap
¼ groen soetrissie, gekap
½ ui, gekap
2 selderystingels, gekap
185g blikkie tuna in pekel (gedreineer)
12.5ml vars pietersielie, gekap
varsgemaalde swartpeper
62.5ml lae olie mayonnaise

blaarslaai, gebreek in stukkies

Meng al die groentebestanddele. Vlok die tuna. Voeg by die groentemengsel en meng liggies. Skep mayonnaise oor vismengsel en geur met swartpeper. Meng liggies. Verkoel. Bedien die slaai binne 3 uur nadat dit gemaak is.
 
 
Visslaai

1 koppie mayonnaise
1 koppie geklopte room
1 eier, gekook en fyngemaak
2 teelepels gerasperde ui
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel fyngekapte pietersielie
2 eetlepels fyngekapte komkommer
1 koppie fyngemaakte gaar vis
slaaiblare

Meng al die bestanddele saam en bedien op slaaiblare.