Monday, 19 August 2013

Toffie-appels




Naomi le Roux
Toffie-appels
Maak: 12

12 klein rooi- of groen appels, enige soort
12 lolliepop stokkies...
3 k wit suiker
½ k ligte koring stroop
1 k water
½ t rooi koekkleursel
Metode:
Was die appels goed af. Steek die lolliepot stokkies stewig aan die stingelkant van die appels in sodat dit stewig vas sit. Sit die appels op n bakpan wat met gesmeerde bakpapier uitgevoer is.
Meng die suiker, koring stroop en water in n dikboomkastrol en smelt sie suiker oor matige hitte. Bring die mengsel tot kookpunt. Kook die mengsel tot die suiker termometer op 150°C (300°F) staan... die harde kraak stadium.
Verwyder die pot van die stoof en roer die geursel stadig by. (As jy dit ingooi gaan jy brand as dit opspat.) Jy kan meer kleursel ingooi na gelang.
Sit nou die appels een-vir-een in die stroop... en draai dit in die rondte om die hele appel te bedek. Laat die oortollige stroop in die pot afloop en dan plaas jy dit op die gesmeerde bakpapier in die pan en laat staan tot dit heeltemal hard is.
WENK: Party appels het n waslagie om en dan gaan die stroop nie vassit nie.
Maak so: Kook 6 k water met 1 t wit asyn. Doop elke appel vinnig in die gekookte mengsel vir 5 sekondes... en maak vinnig droog. Die stroop gaan baie maklik vasklou.
As die stroop vinnig hard word voordat jy al die appels klaar het, maak dit net weer warm op die stoof en gaan voort om die appels te bedek. Bedien die appels in kleurvolle cupcake houertjies.