SUURLEMOENVERKWIKKER
Lewer sowat 3,5 Lt stroop
15 - 20 middelmatige suurlemoene
2,5 kg suiker
15 ml sitroensuur [citric acid]
15 ml wynsteensuur [tartaric acid]
15 ml engelse sout
1,5 Lt kookwater
Fyn gerasperde skil van so 2 - 3 suurlemoen skil kan bygevoeg word.
Druk sap uit en gooi skil en sap in groot houer. Gooi suiker, sitroensuur, wynsteensuur en engelse sout bo-oor. Gooi kookwater oor en roer tot suiker opgelos het. Laat staan stroop oornag. Jy kan dit deursyg of net so los. Gooi volgende dag in bottels. Geniet op sy beste met sodawater dan smaak dit soos Lemon Twist.