Friday 30 August 2013

Suurlemoen vlapoeding




Suurlemoen vlapoeding
20 ml botter of margarien
180 ml strooisuiker
30 ml meelblom
afgerasperde skil en sap van 1 suurlemoen

2 ml sout
2 eiers (geskei)
250 ml melk

Voorafverhit die oond tot 200⁰C. Room die botter en die suiker tot liggeel van kleur. Voeg die meel, suurlemoenskil en –sap, sout en eiergele by en meng liggies. Voeg die melk by en meng tot ‘n gladde mengsel. Klits die eierwit styf en vou dit by die vorige mengsel in. Gooi in ‘n gesmeerde bakskottel. Vul ‘n oondpan halfvol met water en plaas die bakskottel met poeding daarin. Bak vir 60 minute by 180⁰C.

Variasie: Verdeel die beslag tussen individuele gesmeerde ramekin-bakkies. Plaas die bakkies ook in ‘n waterbad en bak vir 40 – 45 minute. Garneer met ‘n skeppie room en versuikerde suurlemoenskil repies.