Thursday 1 August 2013

Spinasie Tert




Spinasie Tert

500gr spinasie (ongeveer so 2 bossies wat jy te koop kry by die winkels)
1 ui gekap
1 pakkie wit uiesop
1 houer suurroom
1 houer room maaskaas
3 eiers
1 teelepel mostert
1 koppie cheddar kaas
1 pakkie beacon (optioneel)
Sout en peper na smaak
Kook spinasie en ui saam vir so 10 min en dreineer water af.
Meng  die wit uiesop en suurroom saam, laat staan eenkant vir so 15 min om dik te word
Meng room maaskaas, eiers,  mosterd, sout en peper saam.
Braai die spekvleis effens
Gooi nou alles bymekaar asook die cheddar kaas
Voer 'n tertbord uit met 'n pakkie skilferdeeg, gooi mengsel in en bak vir 30/40 minute op 180 grade tot gaar en mooi bruin
As uit oond haal, gooi nog so ‘n lekker klomp kaas bo-oor en bedien of warm, lou of koud OF Jy kan 'n skilferdeeg lag ook bo-oor sit soos op die foto, smeer die deeg met 'n eier om mooi goudbruin uit te kom.