Friday 23 August 2013

SOUT DOPPIES & 3 VULSELS




SOUT DOPPIES
500 ml koekmeel
10ml bakpoeier
2 ml sout
60 botter...
25 ml olie
1 eiers
Ongeveer 75 ml yswater
Metode:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam .
Frummel die botter met vingers daarin.
Klits die sonneblomolie en eier saam en voeg dit by die meelmengsel.
Sny net genoeg yswater by om ‘n hanteerbare deeg te vorm.
Bedek en laat die deeg ‘n rukkie rus.
Rol die deeg 3 cm dikte uit op meelbestrooide plank
Druk sirkels van 6 cm in deursnee uit met drukker, lig sirkels met slaplemmes op en plaas dit in tertdoppiepannetjies wat gespuit is met kleefwerende kossproei.
Bak die doppies 10 min. in voor verhitte oond by 200 *C.
Haal die doppies versigtig uit die panne en laat hulle op ‘n draadrak afkoel.
Bewaar hulle in ‘n digte houer tot nodig.
Lewer ongeveer 90 tertdoppies

BEESVLEISVULSEL
Koue gaar beesvleis
Worcestersous
Tamatiesous
Aangemaakte mosterd
Gesmelte botter
Metode
Maal die vleis.
Geur dit met die souse en klam aan met botter, indien nodig.
Skep dit in gaar doppies.

SUIKERMIELIEVULSEL
½ soetrissie
1 blik mieliepitte (410g)
125 ml gerasperde cheddar kaas
15 ml fyn gekapte pietersielie
250 ml witsous
Metode
Ontpit en kap soetrissie fyn.
Kook dit paar min. lank liggies en laat dit goed dreineer.
Dreineer ook die mieliepitte.
Roer die kaas en pietersielie by die witsous.
Voeg die soetrissie en mieliepitte by en meng.
Skep die vulsel in gaar doppies.

TAMATIEVULSEL
1 grt ryp tamatie
15 ml botter
125 ml gerseperde cheddar kaas
15 ml gerasperde ui
30 ml koekmeel
2 eiers
Sout en peper ne smaak
Metode
Skil en sny tamatie in stukkies.
Braai dit liggies in die botter totdat al die sap verdamp het.
Voeg die kaas, ui en koekmeel by en roer totdat die kaas gesmelt het.
Klits en roer die eiers by.
Geur die mengsel met sout en peper en roer totdat dit dik is.
Laat afkoel voor gebruik.