Monday 12 August 2013

ROOMPOFFERTJIES.




Cathy Henstock-Scholtz

ROOMPOFFERTJIES.                                                             

25Oml Water, 125ml Margarien, 250ml Gesifte Koekmeelblom, 2ml Sout. 4 Eiers

METODE: Verhit die water tot kookpunt en roer die margarien by, met n houtlepel, roer vining die meel en sout by...Die mengsel moet loskom van die boom en kante van kastrol, dit moet n bal vorm. (Ek haal gewoonlik die kastrol van hitte af, wanneer ek die meel by roer).
Laat mengsel so vir 5 minute afkoel. Klits nou die eiers een vir een by, totdat die mengsel mooi blink en glad is...(Eiers moet goed ingeklop word) Skep nou teelepelsvol in pannetjie wat gesmeer is. Bak 10minute by 220grade, en dan vir 25min by 180 grade. (Ek het die waaieroond, so my baktyd van 25 minute, teen 180gr is so 15minute) Haal uit oond en sny gleufie in poffertjie, aat afkoel. Vul met room of vulsel na eie keuse, vla is ook lekker. Room met fyn piesang ook. Smelt groot blok "plain" sjokolade en skep oor poffertjies.