Friday 16 August 2013

Ria se Tienkies




Ria Posthumus

Sponskoek resep vir Tienkies.
4 eiers wit en geel geskei
1 Koppie suiker
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1/2 teelepel sout
1 koppie melk
1/3 koppie olie


Nou maak julle so.
Klits eers die eier wit lekker styf en net so voor dit punterig word, gooi julle die helfte van die suiker by die wit en klits weer goed.
Klits die geel van die eier ook goed en voeg dan die ander helfte van die suiker hierby en klop dit tot dit lig in kleur word.
Sif net die koekmeel en die sout saam... NIE die bakpoeier nou al nie en voeg dit nou by die geklitste eier geel.. Roer dit goed deur en voeg nou die wit van die eier by en meng weer goed..
Kook die melk en die olie in 'n potjie...
Strooi jou bakpoeier oor jou mengsel en gooi die kookmelk/olie en meng dit goed.
Gooi dit in jou miniatuur broodpannetjies en bak vir so 20 minute teen 180 grade. Toets maar met 'n stokkie. Laat dit heeltemal afkoel.
Gebruik of gekookte karamel of lekker botter versiersuiker en 'n lang nozzle om dit in die middel van die koekie in te spuit...lengte tewys
Die resep kan ook sommer vir 'n gewone wit koek gebruik word. Dis regtig lekker!!