Friday 30 August 2013

Makrolletjies





Makrolletjies

LEWER 40
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Staantyd: 20 minute

MAKROLLETJIES
225 g versiersuiker
130 g fyn amandels, nog fyner gemaal in die voedselverwerker
3 eierwitte
60 g (4 e) strooisuiker

’n paar druppels rooi voedselkleursel

GANACHE
90 g donkersjokolade, in
blokkies gebreek
50 ml Griekse jogurt

Voorverhit die oond tot 120 °C.

Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit dit met kossproei. Bestuif met mielieblom (skud die oortollige mielieblom af).

1. Makrolletjies Sif die versiersuiker en amandels drie keer saam.

2. Klits die eierwitte tot ’n sagtepuntskuim.
Voeg die strooisuiker lepel vir lepel by en klits tot styf, dik en wit. Voeg die kleursel by en klits tot deurgemeng.

3. Skep ’n paar lepels amandelmengsel op ’n slag by en vou liggies in met ’n deegskraper of metaallepel.

4. Skep die mengsel in ’n spuitsak
met ’n groterige, ronde spuitstuk en spuit kolle van 2-3 cm groot op die voorbereide bakplaat (moet dit nie in die rondte draai nie en lig die buis vinnig weg van die kol sodat jy nie ’n puntjie laat nie). Laat staan 20 minute tot ’n “velletjie” op die oppervlak gevorm het. Bak 20 minute of tot die makrolletjies met ’n paletmes van die bakplaat afgelig kan word. Laat op die bakplaat afkoel.

5. Ganache Smelt die sjokoladeblokkies in die mikrogolfoond. Roer elke 15 sekondes. Roer die jogurt by en laat afkoel tot dik.
Plak makrolletjies twee-twee opmekaar en laat staan tot stewig.

k – koppie(s) e – eetlepel(s) t – teelepel(s)