Friday 16 August 2013

maklike manier van hamburger patties maak




Ria Posthumus
Hier is nou 'n maklike manier van hamburger patties maak. Koop sommer 'n klomp maalvleis en meng dit soos wat julle gewoontlik sal maak. Gooi dit in 'n toezip sakkie en druk dit mooi plat... gebruik 'n sosatiestokkie om dit in gelyke porsies op te deel. Druk dit in die vrieskas en siedaar.. patties altyd reg vir wanneer julle dit nodig het. Mooi dag almal. Ek sal kom loer later as ek 'n blaaskansie in die kombuis kry.